Jamal Khashoggi

Jamal Ahmad Khashoggi (Medina, ongeveer 13 Oktober 1958 - Istanboel, 2 Oktober 2018) was 'n Saoedi-Arabiese joernalis en rubriekskrywer vir The Washington Post. Hy is deur 'n Saoedi-moordbende vermoor. Aanvanklik het die Saoedi-regering verantwoordelikheid vir sy dood ontken, maar na die uiteenlopende verduidelikings vir sy dood het die prokureur-generaal van Saoedi-Arabië uiteindelik verklaar dat dit 'n moord met voorbedagte rade was. Teen 16 November 2018 het die CIA tot die gevolgtrekking gekom dat die Saoedi-kroonprins Mohammad bin Salman die moord op Khashoggi beveel het. Jamal Khashoggi het op 2 Oktober 2018 verdwyn nadat hy die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanboel binnegekom het. Sy verdwyning, en 'n geruime tyd later, die bevestiging van sy dood, het internasionale verontwaardiging en 'n diplomatieke skandaal veroorsaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search